
=====================================================================
'n Lewe in diens van die Afrikaanse woord (AV 4:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'n Lewe in diens van die Afrikaanse woord

Op 3 Julie vanjaar sal dit honderd jaar wees sedert die geboorte van Ludwig Wybren Hiemstra. As lid van 'n jonger geslag het P.A. Joubert   
jare lank in die personeel van die Nasionale Pers aan die voete van hierdie "Gamalil van Afrikaans" gesit en hom na sy dood as 
woordeboekredakteur opgevolg.

'n Raak kensketsing van L.W. Hiemstra se lewe is by geleentheid gegee deur sy jare lange perskollega Piet Cilli,   wat na die L.W. 
Hiemstra Trust verwys het as 'n "lewende monument vir Louis Hiemstra se toewyding en idealisme in diens van die Afrikaanse woord".

Hierdie diens is grotendeels agter die skerms en sonder fanfare gelewer: as taalvaardige joernalis, as lid van die Taalkommissie van die 
Suid-Afrikaanse Akademie, as Taalkundige Redakteur van die Nasionale Pers na 1946, as gewillige (onbesoldigde) taalraadgewer ver buite die 
kring van die Pers en as woordeboekredakteur. Direkte taalvoorligting aan 'n groter publiek het hy in taalrubrieke in koerante gegee.

Louis Hiemstra en kollegas

Erkenning vir sy werk het o.m. gekom in die vorm van 'n eredoktoraat van die Universiteit van die Vrystaat, 'n erepenning van die Akademie 
vir diens aan die taal en ook die Akademie se eerste Markus Viljoen Medalje vir uitsonderlike joernalistieke prestasie -- laasgenoemde 'n 
des te gepaster verering omdat die naam van sy lewenslange vriend en medejoernalis Markus Viljoen daaraan verbonde was.

Hiemstra is op 3 Julie 1897 op Lydenburg gebore. Sy vader was 'n Friese onderwyser en sy moeder was Duits. Sy taalaanleg was reeds op skool 
onmiskenbaar en in sy later lewe het hy naas Afrikaans ook Nederlands, Engels en Duits goed gepraat en geskryf. In al hierdie tale het hy 
baie gelees.

Sy merkwaardige geheue het hom gehelp om 'n bre algemene kennis op te bou wat hom, tesame met sy presiesheid, nie net in sy joernalistieke 
werk goed te pas gekom het nie, maar ook toe hy in een van die laaste fases van sy loopbaan 'n sleutelrol as adviserende redakteur van die 
Standard encyclopaedia of Southern Africa (SESA) gespeel het.

Hiemstra is feitlik uit die skool in die joernalistiek, want sy universiteitstudie, wat hy in 1915 aan die Transvaalse Universiteitskollege 
(later die Universiteit van Pretoria) begin het, het hy onderbreek om redaksielid van De Volkstem te word. (Sy B.A. het hy toe in 1920 
verwerf.)

In 1921 het hy uit daardie vroe leerskool van Afrikaanse joernaliste na De Burger in Kaapstad gegaan -- die koerant het sy "Die" eers 
begin 1922 gekry -- en later die graad M.A. in Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad verwerf.

Naas sy gewone werk as redaksielid het hy sommer gou ander take soos die persklaarmaak van boeke verrig, sodat Frederik Rompel in 1925 aan 
Gustav   Preller by die Akademie geskryf het: "Die letterkundige bestuurder van die Nasionale Pers is feitlik mnr. L.W. Hiemstra. Hy doen 
nie alleen die leiding aan die letterkundige rubriek in ons koerant nie, maar beoordeel ook al die werke vir die uitgewersdepartement van 
die Nasionale Pers."

Reeds in hierdie vroe dae en dwarsdeur sy loopbaan was Hiemstra se bemoeienis met die taal steeds vas geanker in die harde taalpraktyk van 
die joernalis wat, in sy eie woorde, taalskeppend en taalskawend moes werk om Afrikaans steeds 'n geskikter werktuig te maak. Aan die een 
kant moes nuwe woorde vir allerlei begrippe gemaak en aan die ander kant moes die taalidioom bewaar word.

Oor hierdie dae het hy veel later geskryf: "Die opbouing van die algemene spraak, vir sover die bestaande woordeskat ontoereikend was, is 
deur die akademiese wreld blykbaar met volle vertroue aan die pers oorgelaat: die koerantskrywers het stilswygend prokurasie gekry om na 
hul beste vermo te skep en te vorm, en selde is daar afkeuring verneem oor die wyse waarop hulle die taak volvoer het."

In 1927 is die dertigjarige Hiemstra as assistentredakteur van dr. A.J.R. van Rhyn na Die Volksblad in Bloemfontein, waar hy soms lank as   
redakteur moes waarneem. Hiemstra se hoofartikels, so het 'n latere redakteur van die koerant getuig, was "koel beredeneerd, wetenskaplik 
en sonder herhaling of omhaal van woorde met argumente wat in een stuk klamp".

Sy volgende loopbaanskuif was in 1946 terug na Kaapstad as Taalkundige Redakteur van die Nasionale Pers. Hy is intussen in 1944 met Rikie 
Schulze getroud. In die nuwe betrekking was sy buitengewone taalvermons tot die beskikking van al die Nasionale Pers se publikasies -- 
koerante, tydskrifte en boeke.

"Vra vir Hiemstra" het algemene gebruik geword, nie net binne die Nasionale Pers nie, maar al hoe meer by ander instansies en mense -- in 
die staatsdiens en die onderwys, onder verenigings en sakeondernemings. Mense wat nie die tyd, lus of vermo gehad het om in taalboeke te 
snuffel nie, wou vinnig uitsluitsel oor taalsake h, kitsoplossings vir taalprobleme. Dit het Hiemstra -- nie heeltemal teen sy sin nie! -- 
daartoe verlei om soms 'n persoonlike voorkeur tot norm te verhef. Die kritiek wat hy hom hiermee op die hals gehaal het -- dit het ook die 
kritici geweet -- was maar 'n nietigheid teenoor sy enorme werk as taalbouer.

Nadat Hiemstra op versoek die hersiening van die Tweetalige woordeboek van D.B. Bosman en I.W. van der Merwe oorgeneem het, verskyn hierdie     
toonaangewende woordeboek sedert die vroe sestigerjare met die bekende drietal name Bosman, Van der Merwe en Hiemstra op die omslag. So 
staan dit vandag nog daar, maar kollegas moes die laaste uitgawe waaraan hy gewerk het, die agtste, voltooi.

Op 2 Mei 1978 het Louis Hiemstra 'n toeval gehad waarvan hy nie sou herstel nie. (Die vorige dag het hy nog 'n taalrubriek vir die koerant 
geskryf en daarna met sy woordeboekwerk voortgegaan tot huistoegaantyd.) Op 12 Julie is hy oorlede, nege dae na sy 81ste verjaardag.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av432.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1997 /// Afrikaans: 'n Landswye opname (AV 4:3) /// 'n Lewe in 
diens van die Afrikaanse woord (AV 4:3) /// Die dinamiek van Afrikaans (AV 4:3) /// As die taal se vure kom uitbrand (AV 4:3) /// Dis ns 
storie (AV 4:3) /// S Afrikaans sy s in die sakebinnekring? (AV 4:3) /// Afrikaans moet uitreik na Afrika (AV 4:3) /// Koerantprojek 
stimuleer handevat-aksie (AV 4:3) /// Ek staan tussenin -- tussen alles (AV 4:3) /// Kuns in diens van taal? (AV 4:3) ///

